Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: SWD

Tak: Hartenbos

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Saamroeper: Petro Coetzer

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 27 Januarie 2026

VLV HARTENBOS GAAN TERUG SKOOL TOE

Op 27 Januarie 2026 het VLV Hartenbos die nuwejaar afgeskop deur ‘n groot verandering te ondergaan. Die dag se byeenkoms het ‘n skooldag geword, met sommge lede die onderwysers, terwyl die grootste deel van die lede, die leerders was. Al die leerder was geklee in hul blou skoolklere met wit en blou strikkies in die hare.

Die skool was die Hoër Meisieskool, La Mer, wat beteken Hoër Meisieskool, La MerOpening van die dag en ook die jaar word gedoen met skriflesing en gebed deur skoolhoof, Juf Meermin (Perto Coetzer). Sy het al haar onderwysers en plaasvervangers aan die klas voorgestel. Elke onderwyser se van het gepas by haar vak.

Petro Coetzer was Juf Meermin, die skoolhoof van Hoër Meisieskool, La Mer.

Huishoudkunde is aangebied deur Juf Kok (Karen Kruger). Sy gee wenke en riglyne oor die gebruik van Lugbraaiers (AirFryers). Die grootste voordeel van die gebruik van lugbraaiers is dat die gaarmaakproses heelwat korter is en ook minder elektrisiteit gebruik.

Juf Kok is deur Karen Kruger verteenwoordig.

Collage van die inhoud van Juf Kok se huishoudkunde les.

In die geskiedenisklas word ons skoliere vermaak deur die streng Juf Rottemeyer (Martie Visagie). Sy het interessante inligting gegee oor die plekname van geboue en wooneenhede in Hartenbos. ‘n Voorbeeld is die La Mer reeks woonstelblok wat almal seevisse se name het, bv Galjoen, Kabeljou en Snoek.

Juf Brandt moes word weens siekte vervang word deur Juf Fire (Dorea du Plessis). Sy het in die Lewensorienteringsklas die noodsaaklikheid van voorbereding vir ‘n ontruimimg weens lewens-bedreigende gevare bv, brande en vloede, met ons gedeel. Die noodsaaklikste artikels is vertoon en bespreek. In gevalle van brand is die grootste gevaar die rook wat ingeasem word en die hoofrede waarom gebiede ontruim moet word.

Juf Fire (Dorea du Plessis) het almal bewus gemaak van die voorbereiding vir ontruiming.

‘n Uitbeelding van die items wat vir ontruiming noodsaaklik is.

Tydens die LO klas het Juf Fit (Petro Coetzer) duidelike instruksie gegee oor hoe die leerders invloed op hulle ouma’s en oupa’s kan hê deur ‘n reeks oefening vir bejaardes aan hulle te demonstreer, asook oefening vir die brein. Stap bly steeds ‘n goeie en noodsaaklike oefening, so die beweging van gewrigte, bv pols,enkels, nek, ens. Oefening vir die brein is ewe noodsaaklik. Dit sluit aktiwiteite soos blokkiesraaisels, Soduku en ander woord of syfer speletjies in. Legkaarte bly steeds ‘n wenner.

Die fikse, flinke Juf Fit (Petro coetzer)

Die 5 min pouse bring bietjie lafenis en ‘n soetdingetjie word aan elke kind en onderwyser uitgedeel.

Die Kunsklas word aangebied deur die baie bekwame en eksintrieke Juf Mona Lisa (Petro Coetzer). Sy gee riglyne oor die neem van foto’s, bv. fokuspunte, nege blokkies , lig en diepte.

Juf Mona Lisa (Petro Coetzer) se eksintriekheid het gesorg dat almal na haar geluister en gekyk het.

The subject of Computer science was presented in English by a substitute teacher, MissOctopus(Wilma van Staden) who replaced Miss Web. The focus was on computer and internet abbreviations. She focussed on frequently used terms, like www, co.za, ISP, POS and m-POS. A very funny sound clip was played that asked the question whether a computer is a male or a female. The males who were grouped together, decided that a computer is a female., The group of females decided it it male. The reasons each group gave as motivation for their decisions were the real funny part. You wil find the video with this link to youtube, https://youtube.com/shorts/yxJKOxYAULk?si=Vk5Aret1Ocdp8HHk

Miss Octopus (Wilma van Staden) busy with her lesson.

One of the slides of the lesson on Computer Science.

Die skooldag word afgesluit deur Juf Rottemeyer(Martie Visagie) wie ‘n vrolike, prettige sangklas aangebied het. Die kinders het heerlik saamgespeel en juffrou was baie verras deur hulle uitstekende kennis. Kinders moes die verhoogname van sangers gee nadat Juf hulle die regte name gegee het. Dit het sangers soos Bok van Blerk, Kurt Darren en Nianel ingesluit.

Die studierigting, Opvoeding en Kultuur se gasvroue vir die geleentheid, vlnr Martie Visagie, Carien van der Vyver, Petro coetzer, Studierigting saamroeper, Susan Kruger, Rolien Smit, Voorsitter, VLV Hartenbos.

Tydens langspouse het almal saam lekker tee en koffie geniet met die heerlikste toebroodjies. Almal was so moeg dat hulle direk daarna huistoe is.