Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Portefeulje: Konferensie

Saamroeper: Magda Kotze (Leefstyl); Carol Loubser (Kunste &Handvlyt

Beriggewer: Marina Visser

Datum van konferensie: 4 Maart 2026

GRAAFWATER VLV: DIE 93STE KONFERENSIE VAN SIRKEL WESKUS WAS WEEREENS ‘N GOEIE ONDERVINDING.

Op 4 Maart 2026 woon ons saam met talle VLV vriendinne die 93ste konferensie van Sirkel Weskus te Redelinghuys by. Die sketse teen die muur, fynbos op die tafel, moeite met ons geskenke, smaakvolle kos, goeie organisering en groen kleur wat van die tafeldekor tot in hul uitrustings uitgebeeld was, was ‘n bewys van hoé hierdie tak met min lede, vanjaar se VLV tema van “ons krag lê in spanwerk” toegepas het.

Ons, as Graafwater-tak is ook baie trots op ons spanwerk van goeie deelname aan die konferensie. Soveel so dat ons ‘n derde plek behaal in die Leefstyl-afdeling. Ons glimlag groot oor Magda Kotze se skilderkuns wat ‘n gesamentlike derde plek behaal het en ons juig oor Annalize O’Neil wat die “Baby Basson-trofee” vir haar Madeira koek (85%) ontvang het. Debora van Wyk se 80% vir haar mikrogolf malvapoeding besorg aan haar ‘n vierde plek vir mikrogolf produkte. Marietjie Visser, Marina Visser en Magda Kotze se foto’s van roes lewer presentasies van onderskeidelik 82%, 81% en 81% op. Verdere waardevolle inskrywings vanaf ons flukse dames was ‘n kortmou somersrok, langmou oortrektruie, gehekelde kussingsloop, nog skilderkuns met koffie/tee, ‘n digitale advertensie, Joep-Joeps, Soetsuur Meditereense Komkommers en patee.

Na interessante sprekers en lekker saamkuier vat ons die pad terug huistoe met nuwe motivering vir deelname aan volgende jaar se konferensie.

Die saal, tafel en geskenkie

kos

Die wen Madeira koek

Graafwater VLV lede wat die 93ste Sirkel Weskus Konferensie te Redelinghuys bygewoon het.

Annalize O’Neil ontvang haar Baby Basson trofee vir gebak by voorsitter Magda Kotze