Tak: Blanco
Sirkel: SWD
Datum: Junie 2025
Opvoeding & Kultuur Saamroeper: Marie Joubert
Beriggewer: Marietjie Schaaf
Media koördineerder: L Terblanche

Marie en Johanna bedank die spreker Hennie Coetzee – Bestuurder van JJ Watson.
- Gee jou lewe kleur – besoek ‘n bejaarde
- Kyk uit vir mishandeling en verwaarlosing van bejaardes

Peet Terblanche word deur Johanna bedank

Peet speel op die kitaar en ons sing lekker ” Suikerbossie” en nog meer liedjies saam. Die byeenkoms was ‘n lekker wegbreek van gewone roetine.

Lede soos Idiome aangetrek

Tafels was versier met lieflike warm herfskleure, en sitrusvrugte.
Op Jeugdag, besoek die tak die bejaardes van Rosemoor Tehuis. Die skoolkoor van Curro in George het sing-en-dans uitvoering gehou. Kaartjies is uitgedeel aan die leerders en drukkies aan die inwoners. Daar is verder blikkies bydraes aan die Tehuis geskenk deur die gesamentlike opnames van die Curro-leerlinge en die Blanco-tak.


