Sirkel: Sirkel Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Saamroeper: Ronel de Villiers
Beriggewer: Marianna Mostert
Fotograaf: Ammie Loots
Datum: 3 Februarie 2026
“Garage Party”???? Op ons ouderdom????? Ja, hoekom nie?????
Ons kuier en dans vrolik saam met die musiek wat die “DJ” vir ons optower, sy speellys saamgestel uit ons versoeke, maar ons leer ook dat ons ‘n span is, dat elkeen iets anders na die tafel bring, en saam is ons onstuitbaar.
Deur ‘n besige middag, verf ons met verftegnieke soos “Dry brush”.
Word ons voorgestel aan Nita Gerber Heyns, ‘n oud-onnie wat vir kinders skryf oor Fênsie Muis. In die proses besef ons hoe haar stories ook relevant is vir grootmense. Ons hoor dat mens die liefde vir lees by kinders moet kweek deur hardop vir hulle voor te lees. Baie van ons is oumas, ons moet vir ons kleinkinders voorlees uit storieboeke, hulle lief maak daarvoor.
Met die voorlesing van die gedig “Kaalvoet klonkie” deur I.D. du Plessis.
Duidelik klink die klanke in ons ore:
………………….“Lekka, Lekka ywe. Laat die ghantang nader skywe! Tamaties en ywe vars van die strand. En baie kiri slam by die hys se kant! ………………….
Hoe lekker klink Afrikaans, ons taal, in ons ore. Jy hoor sommer die vrolikheid in die klanke van die gedig.
So loop die middag se uurglas uit en sluit ons af met elkeen ‘n worsrolletjie, die manne het vir ons lekker boerewors gebraai, ‘n “cupcake” en ‘n koeldrank in die hand.
Kunste en Handvlyt, Ronel de Villiers en haar vriendinne, wat ‘n feestelike middag, met soveel herinneringe maar ook nuwe gedagtes.

Gansies se uitnodiging na die “Garage Party”

Ronel de Villiers, regs agter en haar Kunste en Handvlyt vriendinnne

Ons “DJ” vir die middag

Vrolike foto’s vanuit ons “photo booth”. Kamma, kamma rook met lekkergoed sigarette.

Esme van Dewenter, links en Betsie Bester, druk besig met die beoordeling van kompetisies vir die middag.

Foto bo, Ronel de Villers, regs, ontvang die Hannes Lüdick Trofee namens Thys de Villiers, haar man. Ons wil erkenning gee aan Thys de Villiers vir sy bydrae wat hy lewer in die gemeenskap om VLV uit uit te brei. Foto middel, Marianna van Rensburg, regs, ontvang haar 10 Jaar Lidmaatskapknopie, Foto onder, Annamarie Conradie, regs, ontvang haar 15 Jaar Lidmaatskapknopie.

So kuier die Gansies by die “Garage Party” al verfwend.

‘n Dame, Valencia Beukes-Williams, regs kom kuier saam. Almarie Janse van Vuuren, middle nooi haar saam en sy besluit om aan te sluit by VLV Gansbaai. Marianna Mostert, links, Voorsitter van VLV Gansbaai.