Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Portefeulje: Gesondheid

Saamroeper: Heidi Traut

Beriggewer: Heidi Traut (heiditraut@gmail.com)

Datum van vergadering: 8 April 2026

Gaan lê of lewe voluit in Moorreesburg

Ons was bevoorreg om Sakkie Rust te verwelkom as ons gasspreker by ons Gesondheid vergadering.

Op die 22 Oktober 2014 is Sakkie Rust se linkervoet geamputeer. Hy het toe besef dat hy óf kan gaan lê, óf voluit lewe met sy nuwe “normaal”. Vir Sakkie was daar nie eintlik ‘n keuse nie. Drie weke na die amputasie het hy sy kunsbeen gekry en begin oefen om sy drome te verwesenlik. Hy het 10 jaar later na Kilimanjaro op sy motorfiets gery en die bergpiek bereik. Sedertdien het hy ook deelgeneem aan die Cape Epic,’n bergfietswedloop oor 8 dae wat fisies en geestelik uitputtend is.

Sakkie is ‘n goeie voorbeeld van hoe ons die lewe en uitdagings moet aanpak.

Sakkie is baie gewillig om sy storie te deel en om ander te bemoedig. Sy selfoonnommer is 082 838 6955.

Sakkie Rust

Annelie Bester en Marietjie Viljoen bedank vir Sakkie Rust