Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel                          Tygerberg

Tak                             Goodwood

Portefeulje                Landbou

Saamroeper            Karin Marais

Beriggewer              Shirley Brand

Datum                       17 Februarie 2026

Tarryn Pestana (gekwalifiseerde Veeartskundige Fisioterapeut) het ons kom toespreek oor die onderwerp van haar beroep en ons eie huisdiere.

*Die beroep spesialiseer in die voorkoming van beserings, herstel na chirurgie, onderhoud van langtermyn probleme, trauma beserings en die prestasie van honde atlete – met ander woorde, honde wat aan kompetisies deelneem.

*Die doel is om diere se kwaliteit lewe te verbeter en verleng en om pyn te beheer. Ook om beweging te handhaaf en om vroeë beserings te kan idendtifiseer en voorkom.

*Verskilende diere word behandel (nie net katte en honde nie) – allerhande plaasdiere. byvoorbeeld ‘n ram – indien ontsteking voorkom, kan die dier nie sperm produseer nie.

*Nie net spiere word behandel nie – neurologiese en ortopedisie toestande word ook behandel. Algemene beserings kom voor in heupe, knieë en gewrigte. Dan is daar ook diere wat oorgewig is, kanker het en verskillende infeksies (ore en mond), hoewe, niere, lewer en diabetes.

*Klein hondjies se voeding is belangrik vir hulle ontwikkeling. Ontwurming, bosluis en vlooi medisyne voorkom baie siektes. Alhoewel dit belangrik is om hulle te laat oefen, wees versigting dat hulle nie van beddens ens afspring nie.

*Tiener honde se opleiding is belangrik – as jy ‘n goed gemanierde hond verwag, dan moet jy hom/haar oplei. Die tiener stadium is waar die hond ‘n vrees stadium bereik – belangrik om die hond met opleiding te verseker jy is die leier. Die gewrigte van ‘n klein hondjie verbind eers op die tiener stadium. Hulle kan maklik gewrigbeserings opdoen. Laastens allergiëe word op hierdie stadium ontwikkel – pasop daarvoor en raadpleeg ‘n veearts indien jou hond tekens wys (veral die vel).

*Volwassenes – let mooi op voorkominge diëte – hoë vs lae vet inhoud. Tuiskos is heeltemal aanvaarbaar maar oorweeg dit teenoor ‘n goeie handelsmerk hondekos. Verskillende rasse op hierdie ouderdom het oefening nodig (verstandelik vs fisies). ‘n Hond wat nie gestimuleer word nie, kan allerhande verkeerde maniere aanleer en frustreerd wees. Belangrik op hierdie ouderdom is om beserings te voorkom – hou die gewig dop en ontwikkel die spiere.

*Senior Burgers – hou gewrigte aan die gang met ‘n daaglikse stappie om die gewrigsvloeistof aan die gang te hou. Artritis en gewrigs kwale kan ontwikkel. Laat toets jaarliks vir lewer en nier siektes.

GENIET JOU DIEREKIND – HULLE GEE SOVEEL PLESIER AAN KLEINKINDERS SOWEL AS ONS OUES VAN DAE!

Wenda Preuss (Voorsitter), Renè Nel (Sirkel President), Karin Marais (Saamroeper), Tarryn Pesta (Spreker)