Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Middelland

Tak: Graaff-Reinet

Portefeulje: Leefstyl

Saamroeper: Alta Coetzee

Beriggewer:  Alta Coetzee

Datum: 26 Mei 2025

Die VLV Graaff-Reinet het ‘n uitstappie onderneem na Die Wynhuis van Anne-Mareé en Christo Vorster. Hulle het rooiwyn op hul perseel in Die Wynhuis in Graaff-Reinet vir n hele aantal jare gemaak.

Anne-Mareé het die hele wynmaakproses aan ons verduidelik waarna ons van die wyn kon proe. 

Anna-Mareé en Christo het in 2018 vir hulle ‘n gebou, gedeelte kelder, op hulle perseel opgerig.

Tydens die druiweseisoen gaan haal hulle self die druiwe by ‘n boer in die Breederiviervallei met hulle sleepwa en 20 kratte, 20kg elk. Laai vroeg die oggend en teen laatmiddag is hulle met hulle kosbare vrag tuis. Met die hulp van jonger vriende word die druiwe deur die “crusher” gesit en begin met die eerste fermentasie. Gis en tanniene word bygevoeg, Ballinglesings word gereeld geneem en die dromme word 3 maal per dag “afgewerk”.

Monsters word gereeld na Vinlab in Stellenbosch gekoerier. Wanneer die suiker alles in alkohol omgesit is, word dit gepres en in houtvate gesit waar dit deur die volgende appelmelksuur fermentasie gaan en verouder.

Daarna word die wyn gebottel. Dit het Anna-Mareé en Christo ook self gedoen met die nodige gereedskap. Hulle het slegs Pinotage gemaak. 

Dit was ’n baie leersame en baie lekker vergadering. Almal was verbaas dat daar in iemand se agterplaas in die Karoo dorp sulke lekker wyn gemaak is.