Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Openbare sake
Byeenkoms gereël: Petro Doman
Beriggewer: Petro Doman
Foto’s: Alet Badenhorst
Datum van vergadering: 17 Junie 2025
Die Oudtshoorn VLV-tak het op 17 Junie 2025 byeengekom vir ’n heerlike, informele vergadering en Toerisme aangeraak as deel van die Openbare Sake studierigting.
Hulle het met die intrapslag vir hulself gesing om hul 84ste verjaardag te vier en almal het sommer in ’n feestelike bui gebly.
’n Spesiaal gebakte verjaardagkoek is uitgeloot en die gelukkige wenner was Sonja du Plessis. Baie geluk.
Corleen Barnard van die Oudtshoorn en De Rust Toerismekantoor het die dames met ’n hele paar toerisme feite verras en hul het weereens besef hoe gewild die Klein-Karoo, en spesifiek Oudtshoorn as toerismebestemming is.
Corleen het inligtingstukke uitgedeel en die dames wat baie geïnteresseerd in die spesiale aanbiedinge vir pensioenarisse wat beding is by plekke in en om Outshoorn en De Rust.

Corleen Barnard van die Oudtshoorn en De Rust Toerismekantoor
Die vorige maand se 5-minute verrykingsaktiwiteit items is ten toon gestel en Petro Doman het vir die dames ’n demonstrasie gelewer om kersligshouers (tealight holders) te maak van lugdroogklei. Daar is lekker gelag en met klei gespeel en Lize Badenhorst het ’n oulike kat geskep wat nou deel van die volgende uitstalling sal word.



Verrykingsaktiwiteite

Petro en Lize se demonstrasie
VLVK se jaar projek is “Bejaardes maak Saak” en Oudtshoorn tak het ’n hele klomp klere, linne en komberse ingesamel wat in die volgende week by ouetehuis van die lede se keuse afgelewer sal word vir hul klere banke.

Die items wat by die plaaslike ouetehuise afgelewer sal word.

Die byeenkoms is met heerlike sop en toebroodjies afgesluit.