Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: Noord-Karoo

TAK: Murraysburg

PORTEFEULJE: Gesondheid

SAAMROEPER: Maretta Theron

BERIGGEWER: Theresa Troskie

DATUM: 9 April 2025

 

Spreker: Linda van den Berg: Baba- en kindersiektes

oplus_34

Maretta stel vir Linda van den Berg aan die woord. Linda van den Berg, ’n verpleegkunde met 18 jaar ondervinding in babasorg en neo-natale eenhede, deel die nuutste mediese neigings, die nuutste neigings in babasorg en baba- en kindervoeding, sy bespreek babas en mylpale, ma’s in beroepe en “you cannot have it all” – dis nie moontlik om 100% ma te wees en om ’n beroepsvrou te wees sonder om iets iewers in te boet nie! Al is die idee vroeër aan ma’s verkoop dat “you can have it all”!

 

Sy maan mammas om te waak teen die “nanny-kultuur” waar versorgers alles vir hul kinders doen en ma’s hul kinders slegs soggens en saans vinnig sien. Die versorgers word soms dikwels verwissel. Kinders kan dit ervaar as verwerping en het dikwels later sielkundige probleme as gevolg daarvan.

oplus_34

Lede het hul noodhulpkissies saamgebring en Linda het hulle deurgekyk en die volledigste een uitgewys. Shereen Korpel was die gelukkige wenner van die prys hiervoor. Linda gee kortliks wenke oor wat die noodsaaklike artikels in ’n noodhulpkissie moet wees. Sy verduidelik die regte metode om met ’n toerniket te werk na ’n slangbyt byvoorbeeld. Sy deel ook ’n lys uit van gifstowwe wat ’n mens dalk per ongeluk kan inneem en hoe om dit onmiddellik te behandel as jy ver van ’n dokter of hospitaal is.

 

Herpesvirus

Marettta Theron, sameroeper vir Gesondheid, deel interessante en skrikwekkende oor die herpesvirus, na aanleiding van gevalle wat onlangs in die nuus was.

 

Gordelroos

Hierdie siektetoestand wat tradisioneel by ouer mense voorgekom het, steek al hoe meer kop uit by jonger mense a.g.v hul stresvolle lewenswyses en werksomstandighede.