Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: KALAHARI

Tak: VRYBURG

Portefeulje: LEEFSTYL

Sameroeper: ERIKA LINDE

Beriggewer: CARIEN VAN NIEKERK

Datum van vergadering: 28 JANUARIE 2026

VLV VRYBURG BREI 6 MILJOEN BREISTEKE VIR LIEFDADIGHEID

Wat kan ons doen? Hoe kan ons help? Vryburg VLV kan brei, hekel en daarom het ons die nood in die gemeenskap gesien om mussies te brei vir die sopkombuise, kleuterskole, Gr 10 klas asook die Kinderhuisprojek. In die afgelope 18 maande brei ons 1000 musse wat saamtel tot 6 miljoen steke. Dit wil gedoen wees.

Op die foto van links na regs agter: Trudie Kok en Ronell Kemp. Voor is Elaine Strauss en Nellie Viljoen.