Sirkel Tygerberg
Tak Goodwood
Portefeulje Jaareindfunksie
Saamroeper Die Bestuurspan
Beriggewer Shirley Brand
Datum 18 November 2025
Annamarie Kable het ons laaste vergadering van die jaar 2025 ge-open met ‘n herinnering aan wat Kersfees werklik is (deur Helen Steiner Rice) en gebed.
Daarna het ons Voorsitter (Wenda Preuss) ‘n opsomming gegee van al die sprekers en onderwerpe wat ons hierdie jaar beleef het – wat ‘n fantastiese herinnering aan hoe geseënd ons is om soveel nuwe kennis te kon opdoen.
Ongeag hoe oud ‘n mens word, is prysuitdeling altyd opwindend! Ai en het ons dames uitgeblink!
Wenners van die bekers …
Gebak Elzabe Binedel Kuns/Handvlyt Johannie vd Vyver
Gebottel & lekkers Wenda Preuss Masjienwerk Connie Marais
Mikrogolf Elzabe Binedell Borduurwerk Magdaleen Joubert
Kookkuns Elzabe Binedell Breiwerk Renè Tepper
Blomme Joan le Roux Landbou Karin Marais
GROOTTOTAAL PUNTE
Elzabe Binedell (Beker) 1513
Wenda Preuss (Skild) 1447
Joan le Roux (Skild) 1235
Johannie vd Vyver is ons nuutste lid (aangesluit 2025) en is alreeds ‘n wenner. Ons oudste lid (in ouderdom) is Joan le Roux. Oud of jonk – nooit te laat om deel te neem nie! Buiten die pryse gewen, leer mens so baie deur aandag te skenk aan die beoordelaar se kommentaar.
Dit is noemenswaardig dat Renè Tepper 80% bereik het op Konferensie vir haar speelding.
Natuurlik sal geen jaareindfunksie sy sout werd wees sonder ‘n maaltyd nie – wat ‘n fees!

Bestuurspan