Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Drakenstein raak ontslae van afval

Tak: Paarl Aand

Sirkel: Paarl

Datum: 30 April

Beriggewer: Una Engelbrecht

  • Koos Fourie, konsultant vir Afvalbestuur: herwinning by Drakenstein-munisipaliteit, was die spreker vir die Landbou-vergadering.
  • Die spasie vir afval raak vol, dus moet herwin word, alhoewel dit ‘n duur proses is.
  • Slegs ‘n derde van wat in ons herwinningsakke geplaas word, word herwin.
  • Papier en karton maak 70% van herwinbare items uit; plastiek 46%. Lg. kan tot 100 j. neem om af te breek.
  • Dit kos die munisipaliteit miljoene rand aan herwinning per jaar.
  • Sowat 100 ton vullis word ‘n maand deur die publiek gestort.
  • Drakenstein-munisipaliteit het tans sowat 18 vullislorries.
  • Die natuur moet beskerm word. Kry jou gesin en familie betrokke – maak ‘n verskil.

Lennie Henderson, Koos Fourie, Hetta v.d. Merwe (saamroeper), Danele Ferreira, Karen Barnard (sirkelpresident)