Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Tak: Leipoldtville

Datum van vergadering: 11 Februarie 2026

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Annette Gilham

Leipoldtville VLV het op 11 Februarie 2026, as deel van die Leefstyl portefeulje onder leiding van Cecile van Zyl, ‘n uitstappie gehad na Ostriland buite Citrusdal. Ostriland is ‘n volstruis verwerkingsaanleg wat die hele volstruis verwerk. Vleis, vere, velle. Hulle roem daarop dat niks vermors word nie. Die hele voël word bewerk.

Carin Marie Pienaar, die produksiebestuurder, het die dames deur die hele aanleg geneem. Die volstruise word geslag op 12 maande. Dit is die beste tyd om seker te maak van onverbeterlike gehalte vir al die produkte.

Vleis word verwerk en uiteindelik aan die publiek verkoop. Fillets, maalvleis, nek, sosaties, en nog baie meer. Duitsland voer die verwerkte koue vleis in.

Leerprodukte word uitgevoer na Amerika vir stewels, beursies en lyfbande.

Na Europe gaan dit na die modehuise om handsakke mee te maak.

Hul kliënte bestel dit in die kleur wat hulle verlang.

Die vere word grotendeels na Brasilië en Amerika uitgevoer. Vir karnavalle, boa’s en mode huise.

Die dames het toe verdaag na Aan d’ Oewer, waar hulle vergadering gehou het en gesellig verkeer het.

‘n Uiters leersame dag.

Carin Marie van Ostriland doen ‘n voorlegging van hul werksaamhede

Een van 600 velle wat tans geoormerk is vir ‘n Amerikaanse koper

Ons hou vergadering by Aan d’ Oewer

Leipoldtville VLV se pragtige uittrekbanier verwelkom ons by Aan d’ Oewer.