SIRKEL: Noord-Karoo
TAK: Murraysburg
PORTEFEULJE: Voorsittersvergadering
SAAMROEPER: Voorsitter: Renée Swanepoel
BERIGGEWER: Theresa Troskie
DATUM: 11 Februarie 2026
Ons voorsitter, Renée Swanepoel, stel vir Flippie Conradie aan die woord. Flippie het ’n “bytplekke/jeukplekkie” op sy knie gekry, binne dae kon hy nie loop nie en is sy been geamputeer. Hy moes ook gou weer ’n tweede operasie ondergaan waar daar nog weefsel verwyder is.
Flippie deel hierdie traumatiese gebeurtenis met ons. Hy vertel wat hy fisies ervaar het, hy deel sy emosies asook sy ervaring in die hospitaal en sy rehabilitasie.
Sy vrou, Adrie, vul sy vertelling aan en deel met ons dié dinge wat haar sterk gemaak het deur hierdie groot en traumatiese krisis in hul gesin se lewens.

Renée Swanepoel voorsitter en Flippie Conradie

Flippie en Adrie Conradie
Grace Ndinisa is ons volgende spreker. Sy is ’n maatskaplike werker en is aangestel by die nuwe Huis Spitskop Kinderhuis wat op 1 April 2026 sy deure in Murraysburg open. Die kinderhuis is deel van die Andrew Murray Kinderhuis in Wellington.
Die kinderhuis is ’n tehuis vir sorgbehoewende kinders. Kinders wat verwaarloos is of wat in pleegsorg was wat misluk het, sal hierheen kom. Dit is nie slegs vir kinders van Murraysburg nie. Moontlike kandidate gaan deur ’n keuringsproses en sal van oor die hele Sentraal Karoo area kom.
Die kinderhuis sal gedeeltelik deur die Departement gesubsidieer word, maar sal verder afhanklik wees van borge en donasies.

Grace Ndinisa en Renée Swanepoel