Sirkel: Sirkel Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Sameroeper: Lanita Marais
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 13 Augustus 2025
Fotograaf: Mariette Combrinck

GEE JOU LEWE KLEUR DEUR ‘N BEJAARDE TE BESOEK
Ek lees ‘n interessante stuk wat in Maroela Nuus verskyn het met die opskrif:
“GEE JOU LEWE KLEUR DEUR ‘N BEJAARDE TE BESOEK”
Dit begin so en ek haal aan: “Oorlogsstaaltjies, plaasstories, perdekarre, danse in die stadsaal, herinneringe aan die dae sonder elektrisiteit of tegnologie, die verdwaal en lees van padkaarte tot die bel van ‘n tiekieboks af. Dit is alles temas waarmee jy jou siel kan verkwik wanneer jy tyd aan ‘n bejaarde afstaan.
In die dolle gejaag na wind vergeet ons soms dat hierdie generasie die voorlopers is van ontwikkeling van vaardighede en tegnologie wat ons vandag tot ons voordeel gebruik.
‘n Tydjie saam met ‘n bejaarde is wanneer jy ‘n geleentheid kry om ‘n skatkis vol wysheid en ervaringe eerstehands te beleef. Jy stap soveel ryker daar weg.”
En op daardie noot is Bejaardes van Herberg aan See asook bejaardes uit Gansbaai-omgewing baie welkom geheet by die verrigtinge van die middag.
Kyk, kuier is daar gekuier. Leon Carstens, ’n plaaslike kunstenaar het ons omtrent vermaak met heerlike ou bekende liedjies en op ’n stadium het almal se voete omtrent gejeuk. Toe spring oud en jonk op van hulle stoele en swaai daai lyfies op die maat van die muskiek. Jitte wat ’n fees.
Die musiek van die liedjie “Wys jou muis” begin speel en daar trek die verhoog se gordyn oop en op die maat van die musiek stap ons Opvoeding en Kultuurspannetjie vermom soos ou mensies met looprame en alles en nog wat. Hulle wikkel daai lyfies en elke keer as die koortjiemusiek “Wys jou muis” begin, staan hulle doodstil en met sokkiepoppe soos muise speel hulle saam. Daar word gelag en die gehoor geniet elke oomblik van die opvoering. Wat ’n fees.

“A new Theme for 2023 – 2026: “Sustainable Growth for the Future”
When you join Associated Country Women of the World, ACWW, you join a network that allows rural women to connect their voices. We work to ensure the issues they face, and the solutions they raise, are heard and acknowledged by national and international policy-makers and legislators. ACWW exists for women who want to actively engage with international policy and support and promote the empowerment of rural women. Sharing between different cultures and communities, building international friendships, and becoming global citizens are all advantages of joining ACWW!”
Hierdie organisasie waarby VLV geaffilieer is word weereens aan ons lede bekend gestel deur Lanita Marais. ‘n “Nootlegging” is gehou en die fondse sal aan die organisasie oorbetaal word.
So word ‘n besige en heerlike kuier-middag afgesluit met geskenkies aan ons bejaarde gaste, eetgoedjies en tee en koffie.

Opvoeding en Kultuurspannetjie: “WYS JOU MUIS”

Elbé Fourie, VLV Sirkel Overberg President oorhandig die Hannes Lüdick Trofee aan Esme van Dewenter (Regs) en Betsie Bester (Links) vir hulle onbaatsugtige bydrae tot VLV Gansbaai met die Beoordeling van die Kompetisie Artikels maandeliks

Ons dames kuier heerlik saam





