Sirkel: Griekwaland-Wes
Tak: Griekwastad
Beriggewer: Ruby Kriel
Datum: 4 April 2025
Griekwastad tak oorhandig kombersies vir baba renosters
Op 4 April het Griekwastad lede die grootste privaat renoster plaas in die wêreld besoek.
Ons is hartlik ontvang deur Yvette Diedericks en na ‘n heerlike koppie koffie het die dames vir Bettie die baba renoster ontmoet en ook Ronwal Papier (Uile) haar beskermer.







