HOFMEYRTAK :
SIRKELCRADOCK
BEJAARDES MAAK SAAK
Alle portefeuljes
13 Mei 2025
Die Hofmeyr-tak van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland het op Donderdagoggend, 13 Mei 2025, ‘n feestelike tee in die kuierlokaal op Maryland in die Hofmeyr-distrik aangebied, vir alle Hofmeyr-inwoners bo 70.
Hierdie geleentheid was deel van Hofmeyr VLV se uitvoering van VLVK se jaarprojek: “Bejaardes maak saak.”
Gevulde pannekoeke deur VLV baksters is bedien by sonnige tafels, en elke gas het ‘n pakkie tuisgebakte koekies gekry om huis toe te neem.
Die VLV saamroepers wat in beheer van reëlings was, was Coleen Traut en Ronel Gouws, terwyl Dada de Jager, Nelanie Jansen en Hofmeyr VLV Voorsitter, Nadia Bosch, ook saamgewerk het om die heerlike dag volmaak te maak.
“Dankie, dit was vir ons almal heerlik om weer ‘n slag uit te kom,” sê plaaslike inwoner, Ronel Visser, wat ook die geleentheid bygewoon het.
HOFMEYR VLV

Pragtig gedekte tafels in die kuierlokaal op Maryland waar almal bo 70 kon saamkuier.

Die pannekoeke was onverbeterlik, soos net bekwame VLV Vroue kon bedien.