Sirkel: Paarl
Tak: Stellenbosch
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Nina Strydom
Datum: 15 Mei 2025
Touch Our Pets Therapy Dogs (aka TOP Dogs) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat aanraakterapie doen met honde by outehuise, kinderhuise, onkologie-afdelings by hospitale, en dies meer. Lizet van der Merwe met haar hond Bruno en Susan van Biljon het die dames van Stellenbosch besoek op 15 Mei. As Bruno met sy een blou oog en een bruin oog mens in die oë kyk, voel jy reeds die positiewe energie aan wat hy uitstraal. Die honde van Top Dogs word ook ingespan by opvoedkundige programme om kinders te help met lees- en konsentrasie vermoëns. Verder doen die instansie moeite om mense te leer hoe om ‘n hond te versorg en sy liggaamstaal te lees.
Enigiemand kan aansoek doen om met jou hond by hierdie program betrokke te raak. Verder nooi hulle mense wat kan brei en hekel om deel te neem aan hulle “Teddy pups”-projek. Susan het verduidelik hoe gebreide en gehekelde hondjies gebruik word om mishandelde kinders op ‘n speelse manier voor te berei wanneer hulle in ‘n hofsaak moet verskyn. Meer inligting oor TOP Dogs is beskikbaar op hulle webwerf: https://therapytopdogs.co.za/.

(vlnr): Susan van Biljon, Lizet van de Merwe, Bruno

(vbno): Rolspel in die hof, aanrakingsterapie