Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel:  Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Opvoeding

Saamroeper: Anita Vermeulen

Beriggewer: Shirley Brand

Datum: 20 Mei 2025

Umia Knibbs Departementshoof Grondslagfase en Waarnemende Adjunkhoof by Laerskool De Tyger het met ons kom gesels oor Die invloed van tegnologie op die ontwikkeling van kinders fisiese en psigies en dinge wat daaruit kan voorspruit

Natuurlik kan tegnologie ten goede gebruik word om naslaan werk te doen en selfs interaksie tussen die linker en regter brein te ontwikkel deur sekere speletjies te speel. Maar wanneer tegnologie te veel tyd in beslag neem is daar baie negatiewe effekte soos hieronder genoem.

Kleiner kinders (voorskool tot en met graad 7)

Gebrek aan sosiale vaardighede bv kommunikasie/empatie/vermindering van fisiese aktiwiteite.

Slaap versteurings/geheue word aangetas/konsentrasie verminder

Party ouers gebruik tot tegnologie om hulle kinders aan die slaap te sus in plaas van vir hulle stories te lees. Kinders is nabootsers – wat hulle sien en hoor, sal hulle naboots. Bv as aggressie tuis plaasvind, sal ‘n kind op skool dieselfde aan sy maats toepas. Dus, wat hulle sien op tegnologiese speletjies, word weerspieël in hulle interaksie met maats. Speletjies soos GRAND THEFT AUTO waar die lewe van ‘n krimineel gevolg word en CALL OF DUTY met oorloë, wapens en geweld – kinders kan die realitiet vs dit wat op die skerm gebeur onderskei nie. Dit kan lei tot ‘n tekort aan respek vir ander en groepsdruk om te boelie en in beheer te wil wees.

Ouer mense

Baie van ons is nie tegnologies ingestel nie en kuberboelies (“scammers” in Engels) kan dit uitbuit. Hoeveel mense het nie al finansieël verlies gelei nie? Deur te glo dat die kontakpersoon jou bank is. Mense wat alleen voel raak betrokke en uitreik na iemand op sosiale media glo hulle het ‘n vriend/vriending ontmoet – net om uit te vind die persoon soek geld. Om nie te praat van al die kompetisies wat adverteer word – al wat jy moet doen is R37 inbetaal om iets te wen – en so het die boelies jou bankbesonderhede bekom.

Op ‘n meer positiewe noot kan oumas en oupas baie beteken vir die kinders en tieners deur ‘n veilige hawe te wees waar hulle met jou kan kom gesels. Deel komplimente uit – prys hulle vir goeie gedrag – vra uit wat op hulle selfone is en of hulle jou kan leer. Wys vir hulle jy gee om en help hulle om grense te stel (mense te blok op selfone). Gesels oor aanlyn gedrag. Gebruik jou invloed en ondervinding om hulle selfbeeld op te bou. Wees betrokke met die jong mense in jou lewe.

Wenda Preuss (Voorsitter), Umia Knibbs (Spreker), Anita Vermeulen (Saamroeper)