Sirkel: Paarl
Tak: Stellenbosch
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Nina Strydom
Datum: 13 Maart 2025
In Stellenbosch het die dames van ons tak op 13 Maart baie skoene gevind wat pas! Ons het besoek afgelê by Esthé Leather Shoes – ‘n skoenfabriekswinkel in die industriële gebied van Stellenbosch. Die dames is geneem op ‘n begeleide toer deur die fabriek en kon elke stap in die maak van ‘n paar skoene volg. Hier kan mens jou eie paar skoene ontwerp deur die styl (25 moontlikhede) en kleure (ook meer as 25) self te kies. Leer bykomstighede word ook hier gemaak.
Hierdie maatskappy het sy ontstaan gehad met ‘n roeping om ‘n verskil te maak in vroue se lewens. Lees gerus meer op die webtuiste: esthe.co.za.

(Vlnr): Lydia Schoeman (VLV Stellenbosch), Esthé (Esthé Skoene)

VLV lede en werknemers van Esthé Skoene
Detail:
Sittend: Naju (Esthé Skoene)
Voor (vlnr): Buksie, Madaleen Carinus
Agter (vlnr): Esthé (Esthé Skoene), Marietjie Visage, Erna Basson, Lydia Schoeman

VLV lede en werknemers van Esthé Skoene
Detail:
Vlnr: Buksie, Marietjie Visage, Lydia Schoeman, Esthé, oom Bennie

Esthé (Esthé Skoene) by voorbeelde van die bykomstighede wat hulle maak