Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Paarl

Tak: Suider Paarl

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper: Bestuur van Suider Paarltak

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 29 November 2025

Toe een van ons lede, Karen Visser, hoor van die groot markdag wat op die landgoed, Val de Vie, gaan plaasvind op 29 November 2025, het sy dadelik die bestuur genader en gevra of sy ‘n tafel kan bespreek.

Almal het dadelik ingestem en vinnig aan idees vir artikels wat lekker sal verkoop begin dink. Daar was natuurlik reëls waarby gehou moes word en met groot geesdrif het die lede aan die werk gespring om ‘n vol tafel met artikels te kon hê.

Een van die reëls was dat die tafel al die Vrydag moes klaar gepak en versier wees. Daar was dan beskuit, koekies, flesse gevul met skuimpies, makataankonfyt, heerlike appelkooskonfyt en ingelegde agurkies.

Daar was lekkerruiksakkies met laventel gevul en ‘n verskeidenheid gehekelde artikels. Tot ‘n groot gebreide haas met klere aan.

Die Saterdag moes almal om 9vm gereed wees vir verkope. Dit het alles lekker vlot gegaan en selfs RSG het met die tak se sekretaresse, Berta Spangenberg, kom gesels en uitgevra oor VLV. Dit was dan ook ‘n direkte uitsending vanaf Val de Vie.

  

Uitnodigingskaartjie van Val de Vie landgoed se Markdag.

Alles mooi uitgepak.

Baie gesellige markdag en verkope was baie goed.

Vlnr: Gonny du Plessis, voorsitter, Sue Taylor van RSG, Berta Spangenberg, sekretaris en Jenny Ruthven, tesourier.