Sirkel Tygerberg
Tak Goodwood
Portefeulje Leefstyl (kos)
Saamroeper Shirey Brand
Beriggewer Shirley Brand
Datum 16 September 2025
SPESIALE BAKSTERS/BAKKERS – EKSTRA SPESIALE EETGOED!
Lynne Rutherford (stigter en eienaar van Down with Dough het ons kom toespreek.
Haar eie seun Joshua is met Down Sindroom gediagnoseer en hoe ouer hy geword het, het sy besef daar is beperkte geleenthede vir jong mense met intellektuele gestremdhede. Sy het tuis ‘n bakkery begin vir jong mense om hulle ‘n kans te gee om te kan ontwikkel en ‘n bydrae te kan maak in die samelewing. Later jare is sy die geleentheid aangebied om te verskuif na die Alta du Toit Sentrum waar onder meer voltydse personeel haar bystaan en ongeveerd 12 gestremde jong mense opleiding en ondersteuning ontvang (sowel as ‘n waglys vir toekomstige bakkers!) (ouderdom beperking tussen 18 en 30)
Die opleiding behels ook basiese vaardighede vir moontlike indiensneming (interaksie, kommunikasie) en daar word gesoek na geskikte werksgeleenthede. Lynne bou ‘n verhouding met die werkgewer en gee voortdurende bystand vir beide die werkgewer en werknemer.
Hulle produkte is alles gluten- en laktose vry. Daar word wel suiker gebruik maar ‘n suiker plaasvervanger is beskikbaar vir sekere produkte.
Onder andere het Lynne ons bederf met verskillende geure bruintjie-monsters waarna ons van die produkte kon aankoop. Daar is vyf verskillende geure – self ‘n spesery-geur wat soos paasbolletjies smaak!
Buiten die brownies word brode, muffins en hondebeskuitjies ook gebak en verkoop. Bestellings kan geplaas word deur WhatsApp 063 112 0078
Teen die einde van ons funksie is al die produkte wat Lynne saamgebring het, uitverkoop! (met bestellings wat ook geplaas is). Dit help baie om gratis monsters te kan proe!

Shirley Brand (Saamroeper) & Lynne Rutherford (Spreker)

Brownies