Tak Klein-Brakrivier
Sirkel SWD
Portefeulje Opvoeding & Kultuur
Berigskrywer Lydie Terblanche
Foto’s Ria van Straaten, Susánne Le Roux, Elsabe Richards
Datum 26 Augustus 2025
Klein-Brakrivier het ‘n Prettige Oranje Vrouemaand Oggendtee gehou. Visevoorsitter Susánne Le Roux het met almal oor VLV-sake gesels. Sy het ook bietjie terugvoer oor die Kongres gegee en belowe daar sal ‘n volgende keer meer details deur kongresgangers gebied word. Susánne het ook namens die tak, Kongres-uitblinker Ria van Straaten en Lynette Nel vir haar bydraes in die gemeenskap, vereer.
Leola Esterhuizen en ‘n formidabele span gasvroue het die program gelei. Daar was ‘n groot-pret modeparade met taklede op die ‘loopplank’. Oud-Voorsitter Hester Krige het voorsangers Elize Spence & Barbara Sieberhagen op trekklavier begelei met lekkersing volksliedjies. Retha Nagel het besondere voorlesings uit haar pennevrug voorgedra. Lydie was gasspreker oor VLVK, ACWW, ABC, BBC, CNA, KFC en ander afkortings… Daar was ook ‘n Royal Icing demonstrasie deur Hantie, geurige parfuum uitstalling, pragtafels met besonderse teekoppies en heerlike smul-happies, voorwaar ‘n vol program.









