Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Tak: Klein-Brakrivier

Sirkel: SWD

Portefeulje: Potpourri

Beriggewer: Lydie Terblanche

 

DIT IS DIE MAAND OKTOBER. DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND.

 

Van die taklede (Franci, Susanne, Deville, Eva & Karin), woon Eden-tak se metal embossing werkwinkel in Sedgefield by.

Die lewe na aftrede, ‘n praatjie deur Annelise de Jager wat aan taklede belangrike inligting verskaf.

 

Die takprojek, Santa kleuterskool se tuine, lewer sy eerste oes.

 

Die dinamiese bestuurspan doen beplanning vir die 2025-jaarprogram.

 

‘n Donker maand vir taklede, Meisie en Tiebie, wat hulle geliefdes aan die dood afstaan. Hulle word deur taklede met liefde ondersteun.

 

Oktobermaand verjaarsdae, Retha Nagel, Leola Esterhuizen, Leatitia Steyn, Petro Reinke, Eva Bouw, Jenny Spangenberg en Ria van Straaten.

0 Responses