Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Meer oor ons

Geskiedenis

Die vereniging is gestig in Franschhoek op 15 Oktober 1929. VLVK se hoofkantoor is ‘n nasionale gedenkwaardigheid te Dorpstraat 126, Stellenbosch. Dit was die anneks van die Grand Hotel op die hoek van Dorp- en Meulstraat. In 1979, toe die vereniging 50 jaar oud was, is die gebou betrek en Jubileumhuis genoem.

Die amptelike blad, Huis & Haard, se eerste uitgawe het in Mei 1952 verskyn.

Tekstielmuseum

Ligging:Jubileumhuis,
Dorpstraat 126,
Stellenbosch
Ure vir besigtigingWeeksdae, 09:00 – 12:00
Telefoon:+27 (0)21 886 5064
Ingangsfooi:R20/persoon
Kurator:Mev. Linzetta Smit

VLVK het ‘n jaarlikse borduurkompetisie en die 6 wen-inskrywings word vir ‘n jaar hier uitgestal. Daar is ook 27 artikels van die Emily Hobhouse versameling op bruikleen hier te sien en ander artikels van hoogstaande gehalte.

Studierigtings

Die Vereniging bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Gesondheid, Kunste en Handvlyt, Landbou en Tuinbou, Leefstyl, Openbare Sake en Opvoeding en Kultuur.

Dankie-persoon

1995Alba Bouwer – Jeuglektuur
1996Prof Gawie Cillié – kerkmusiek
1997Mimi Coertse – sang
1998Glen Uys – bydrae tot VLVK
1999Hetsie van Wyk – borduurwerk
2000Chris du Toit – landbou
2001Rina Hugo en Petru Wessels – sang en drama
2002Anneli van Rooyen – sang
2003Ds. Solly Ozrovech – Christelike lektuur
2004Dr. Anton Rupert – natuurbewaring
2005Prof. C A Smith (postuum) – VLVK se ouditeur vir 48 jaar
2006Wilna Snyman vir haar bydrae tot die toneelkuns op die verhoog en televisie
2007Natalie du Toit vir haar bydrae tot gestremde sport
2008Freek Robinson vir sy bydrae tot aktuele programme op radio en televisie
2009Helen Zille vir haar besondere bydrae tot die openbare lewe, deurdat sy aangewys is as die beste burgemeester ter wêreld
2010Coenie de Villiers vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek
2011Argitek Gawie en dr. Gwen Fagan vir hulle bydrae tot die bewaring van Suid-Afrikaanse argitektuur
2012Jans Rautenbach vir baanbrekerswerk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf
2013Dr. Susan Vosloo vir baanbrekerswerk in pediatriese kardiale hartchirurgie
2014Ronella Rademeyer vir die vestiging en ontwikkeling van die VLVK-tekstielmuseum as internasionale besienswaardigheid en vir haar internasionale borduurwerkprestasies
2014Herman Lensing vir sy bydrae tot die kostoekoms van Suid-Afrika as kookboekskrywer en jongste kosredakteur van ‘n Suid-Afrikaanse glanstydskrif
2015Jonathan Deal vir sy onskatbare bydrae om die Karoo en onmiddellike omgewing te red van die verwoestende nagevolge van hidrobreking
2016Anton Momberg vir sy onskatbare en uitsonderlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunslandskap
2017Peter Veldsman vir sy uitsonderlike en onskatbare bydrae tot die Suid Afrikaanse kosbedryf
2018Johannes Möller vir sy bydrae tot Landbou in SA
2019Dr Dave Pepler vir sy bydrae tot die bewaring van die natuur.
2021Dr Angelique Coetzee
2022Dr Ivan Meyer – vereer vir sy uitsonderlike bydrae tot die Landbou en toegeneëntheid teenoor VLVK
2023Riaan Cruywagen – Vereer vir sy uitsonderlike  en professionele bydrae en diens gelewer aan radio en televisie
2024Minke Janse van Rensburg – Vereer haar vir haar vasberadenheid, toewyding, volharding, uitsonderlike prestasies en verskeie wêreldrekords.