Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Saamroeper: Alerina Augustyn – Opvoeding- en Kultuur
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum van geleentheid: 8 April 2025
MARIA VAN RIEBEECK WAS FRANS!
Op 8 April 2025 het die gasspreker, Dr Helena Liebenberg, ‘n lewensverrykende lesing oor Maria van Riebeeck gegee.
Maria was ‘n musikant wat die viool en die klawesimbel gespeel het. Sy was innemend, ‘n deernisvolle vrou en nie bevooroordeeld nie en het baie deursettingsvermoë gehad.
Maria van Riebeeck ‘n direkte afstammeling van ‘n Franse Hugenoot. Haar ma was ‘n Franse Hugenoot en haar pa was ‘n Franssprekende Belg. Met dié dat haar pa ‘n prediker was het Maria ook goeie kennis van die Heilige Skrif gehad en was sy die eerste sendeling in ons land. Sy het haar twee seuns (die enigste van haar 8 kinders wat oorleef het) tuis onderrig totdat hulle teruggestuur is Holland toe en sy het hulle nooit weer gesien nie! Met haar afsterwe is daar ses weke lank oor haar gerou. Sy het haar merk gemaak.
Kort bekendstelling van ons gasspreker – Helena Liebenberg:
Helena Liebenberg het aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer waar sy ook lank as dosent gewerk en later haar doktorsgraad in Afrikaanse Semantiek verwerf het.
Vanaf 2001 tot 2008 was sy voltyds betrokke by twee VOC-transkriberingsprojekte in die Kaapse Argief. As trustee van die Tracing History Trust is sy sedertdien betrokke by soortgelyke digitaliseringsopdragte, met die Trust se Kaapse VOC-Dagregisterprojek as hoogtepunt.

Gasspreker, Dr Helena Liebenberg van Bredasdorp.