Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: SWD

TAK: Ladismith

PORTEFEULJE: Mandeladag

SAAMROEPER: Lorraine Mathewson

BERIGGEWER: Lorraine Mathewson

DATUM: 18 Julie 2025                                                                   

Ons VLV het vandag Mandeladag by ons plaaslike ouetehuis, Huis Izak Van Tonder gaan vier. Van die personeel het vermaak verskaf deur op Jeruzalema te dans.

Ons het die afgelope maande, persoonlike-sorg-produkte bymekaargemaak om aan hierdie bejaardes uit te deel. Daar is ook ander hulpbehoewende ouer persone in die gemeenskap geïdentifiseer om ook bietjie te bederf.

Ons projek vir ons ouer persone gaan voort. Ons beoog om kerspakkies met ‘n troetelpoppies te maak. Ons gaan ook die voorportaal en ontvangsarea van die ouetehuis bietjie opkikker.

OP die foto waar die geskenkpakke aan Suster Carien Muller oorhandig word, is ek, Lorraine Mathewson en Karin Henning, voorsitter

Hoofsaklik ons bestuur met Petro Thiart,(81) derde van links, wie vir 30 jaar verpleegsuster by Huis Izak Van Tonder was.