Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel:                                     Tygerberg

Tak:                                         Goodwood

Portefeulje:                            Naaldwerk

Saamroeper:             Magdaleen Joubert

Beriggewer:                           Shirley Brand

Datum:                                   22 Julie 2025

Lianne Smuts het ons kom toespreek oor hoe om ons klerekas te her-rangskik sodat ons meer myle uit minder klere kan bekom.

Ons moet in gedagte hou dat elke vrou haar eie unieke styl het wat by haar persoonlikheid pas. Voorbeelde hiervan is die dame wat vir gemak aantrek – een handsak wat by alles pas, en een paar elk van bruin, swart en donkerblou skoene. Dan is daar die “safe shopper” – die dame wat sorg dat alles wat sy koop by alles in haar kas sal pas. Die romantiese persoonlikheid hou van borduurwerk, blom patrone en mooi juwele met detail. En laastens die dramatiese een met kleur en verskeidenheid.

Dikwels word ons beïnvloed deur die verkoopsdame of ‘n vriendin/familie lid. Ons moet liewers koop waarvan ons hou en wat ons gaan gebruik.

Skei jou winters- en somersklere – indien jy die spasie het, pak die een weg. Konsentreer dan net op een seisoen. As daar min plek is om alles uit te stal (klere, skoene, handsakke) kry plastiese houers (bv vir skoene).

Lianne het ons gewys hoe om nege uitrustings uit drie onderstukke (rompe/broeke) en drie bo-stukke (“toppies”) te maak tesame met twee oor-toppies (bv jas of trui). En dan natuurlik verander skoene, handsakke en bykomstighede hierdie nege uitrustings verder!

Voordat ons die winkels invaar, kyk wat pas nog en wat pas nie – skenk aan organisasies wat nie pas nie. Wanneer jy iets nuuts wil koop, vra jouself “Kan ek drie uitrustings hiermee maak?” Dink of die nuwe item by jou leefstyl gaan pas (kantoor of huis of vakansie?)

Laastens kyk na jou lyf se vorm. Vertikaal (bv nek) en horisontaal (bv skouers) – is jou volume bo en is jou lyf nouer ondertoe – of andersom). Met die regte uitrusting en bykomstighede (bv serp of juwele) kan jy die balans kry.

Ons het vir Lianne gevra om ‘n wenner te kies van die persoon wat volgens ons tema “Kleur jou Lewe” aangetrek het – die prys het gegaan na Jenny Botha! Veels geluk Jenny!

NS (van die beriggewer – as ek ‘n kledingstuk vir ‘n jaar nie gebruik het nie, gee ek dit weg!)

Wenda Preuss (Voorsitter), Lianne Smuts, Magdaleen Joubert

Jenny Botha