Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Portefeulje: Openbare Sake
Saamroeper: Annalize O’Neil
Beriggewer: Marina Visser
Datum van vergadering: 8 April 2025
Graafwater VLV hoor meer oor die werke van die “National Sea Rescue Instute” tydens ‘n kuier by Lambertsbaai se “Mad Hatter Coffee Shop.”
Nicole Anthony is al sewe jaar by die NSRI. Hulle besoek skole en maak kinders bewus van die gevare van water. Verdrinking kan selfs in ‘n emmertjie water gebeur. Kinders word geleer wat om te doen as hulle in water val. Hulle word geleer hoe om veilig te wees en reg asem te haal onder water. Vir Graad 1-3 gebruik hulle die PLAN metode.
P=pack. Dit is wat jy inpak wanneer jy na water toe gaan. ‘n Handdoek is baie belangrik. Dis veiliger om een punt van die handdoek vir die maatjie te gooi en hom of haar te probeer uittrek, as om jou hand te gee en jy beland ook in die water. Wanneer iemand besef hul kan moontlik verdrink raak hulle paniekerig en wil dan almal en alles rondom hulle ondertoe druk om self bo uit te kom. Nog ‘n tipe reddingstou wat kan gebruik word is ‘n bottel met ‘n tou aan. Gooi die bottel na die maatjie in die water. Indien die tou breek, kan die maatjie nog aan dit vasklou.
L=look. Kyk vir gevare. Moenie met jou rug na die water toe staan nie. Wees versigtig branders en kyk vir goed soos skerpioene.
A=ask. Vra ‘n volwassene om saam te gaan. Kinders moet nooit alleen by n see, dam of rivier wees nie. Daar moet altyd ‘n volwassene by wees.
N=never. Moet nooit alleen swem nie. Moenie met alcohol eksperimenteer nie. Dit beïnvloed jou denke. Moenie hardloop rondom ‘n swembad of iemand instamp nie.
Vir die Graad R leerders gebruik hulle ‘n storie om die gevare vir hulle te verduidelik.
Vanaf Graad 4 af leer leerders hoe om CPR toe te pas, om golwe en strome te hanteer. Swem eerder saam met ‘n stroom as teen dit. Draai op jou rug en waai met jou een hand sodat die mense op die strand jou kan sien.
Tydens die vergadering het Astrid Basson haar 25 jaar lidmaatskap knopie ontvang.


Tydens die vergadering

Nicole Anthony praat met die lede

Nicole Anthony van NSRI en Annalize O’Neill (Saamroepster: Openbare Sake)

Mad Hatter se lekker skons.