Sirkel Tygerberg
Tak Goodwood
Portefeulje Kunste
Saamroeper Dina Drummer (staan in vir Jo-Ann Gericke)
Beriggewer Shirley Brand
Datum 19 Augustus 2025
Colleen Potgieter is genooi om ons te kom wys hoe om met akriel verf abstrakte skilderye te maak. Elke skildery is anders, afhangende van die kleure en middels wat gebruik word.
Sy het verduidelik dat hierdie stokperdjie nie duur hoef te wees nie. Byvoorbeeld die verf kan verdun word met ‘n klein hoeveelheid water. Hoe meer kleure gebruik word, hoe meer interessante vorms verskyn op die doek.
Deur ‘n haardroër te gebruik (of selfs ‘n strooitjie of ballon) kan jy die verf laat “beweeg” om vorms soos wolke of gras of selfs blomme te laat verskyn.
Om selfs verdere style te ontwikkel kan jy ‘n tweede doek bo-op die eerste een plaas en met ‘n bietjie drukking sal daar ander “beelde” verskyn.
Daar was baie belangstelling, vrae en interaksie.
En so het ons geleer dat enige persoon ‘n paar potjies verf en ‘n doek of selfs papier, kleur in ons lewens kan bring! ‘n Stokperdjie wat saam met kleinkinders beoefen kan word.

Dina Drummer (Saamroeper), Colleen Potgieter, Wenda Preuss (Voorsitter)

Die proses en eindproduk
