Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Leefstyl

Aanbieder: Lenie Fourie

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 9 Augustus 2025

Die Dordrecht VLV dames het ‘n brei-oggend by Nerinahof Ouetehuis aangebied saam met ons ouer dames. Daar is “Izzy dolls” gebrei vir donasies aan kinders in die omgewing, asook in oorloggeteisterde gebiede. Lede het ook kosdonasies vir die ouetehuis saamgebring.

Lede asook sommige van Nerinahof se inwoners en personeellede. In die middel voor met die serp staan die aanbieder, Lenie Fourie. Agter met groen trui staan Sarie Myer, die brei-koningin!

Lollie Venter gee ‘n helpende hand

Lollie Venter se Izzy dolls

Die dames geniet die saamkuier.

Deel ‘n ietsie lekker uit