Sirkel: Paarl
Tak: Sirkel Paarl
Portefuelje: Damesoggend met Kerstema
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 27 November 2025
Sirkel Paarl het ‘n damesoggend met Kerstema gehou. Elke tak het ‘n bydra gemaak en dit was ‘n spanpoging van die 8 takke met 134 dames teenwoordig. Drie leerders van Slot van die Paarl het by ons kom kuier en hulle talent van voordrag en klavierspel met ons kom deel. Anna-Rita van der Westhuizen het vir ons kom vertel waar die kersboom wat ons versier, sy ontstaan gehad het. Sharon het vir ons in die gees van Kersfees gebring met haar pragtige stem.
Marktafels deur buite uitstallers en ons eie takke het gehelp om die saal te versier. Daar was letterlik enige iets van juwele, plantjies, popklere tot iets vir jou spens Die dames het heerlike aankope gedoen vir die vakansietyd wat voorlê. Daar was ook ‘n uitstalling van Amelia Jacobs se huisies wat Kersfees in die Winter uitbeeld.









