Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: WESKUS

Tak: GRAAFWATER

Portefeulje: OPVOEDING & KULTUUR

Saamroeper: MARINA VISSER

Beriggewer: MARINA VISSER

Datum van vergadering: 20 JANUARIE 2026

Graafwater VLV begin 2026 met ‘n “Opvoeding en  Kultuur” vergadering op Dinsdag, 20 Januarie.

Lede ontvang jaar-kentekens:

Maritha de Klerk (40 jr), Mariette van de Weide (5 jr), Martie du Plessis (5 jr), Magda Kotze (15 jr), Hester Maas (50jr), Annalize O’Neil (5 jr) en Wilma van Dyk (10 jr).

Bobotie pakkies:

Bobotie kon dalk saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, want die Hollanders het geweet hoe om kerrievleis voor te berei. ‘n Ander moontlikheid is dat dit van die VOC kolonies in Batavia af kom en afgelei is van die Indonesiese Botok/Bobotok. Die Kaapse Maleise gemeenskap het die resep aangepas. Oorspronklike resepte het gemmer en suurlemoenskil bevat. Bobotie is in 1951 opgeneem as ‘n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse gereg in ‘n internasionale resepteboek wat deur die Verenigde Nasies gepubliseer is.

Outydse Melktert:

Die Romeine was reeds 2000 jaar gelede al lief vir soet-of sout eiervla. Nonne het eiervla-pap gemaak met ‘n broskors of skilferkorsdeeg onderaan. Die Nederlanders het ‘n soort kaaskoek wat Mattentaart genoem word.  Toe hulle in Suid-Afrika kom het hulle die resep aangepas met bestandele wat hier beskikbaar was. So is melktert begin. Tradisionele melktert het ‘n skilferkorsdeeg en die tradisionele geurmiddels was amandel, nartjieskil, kaneel of perskeblare.

Hertzoggie blokkies en biltong:

Hertzoggies is vernoem na generaal JBM Hertzog wat van 1924 tot 1939 eertste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Moesliemvroue het vir hom hertzogkoekies gegee en hy het beloof hulle sal mag stem. Hy het nie by sy belofte gehou nie. Hulle het koekies gemaak waarvan die helfte van elke koekie appelkooskonfyt bevat het en die ander helfte klappermeringue.  Elke vulsel het ook ‘n ander bo-laag gehad. Die koekies is toe tweegevrietjies genoem.

Biltong beteken: “’n Strook vleis van die agterkwart”    

Bil beteken boud en tong beteken strook. Die gebruik om vleis te bewaar kom van die Khoisans af. Hulle het stroke vleis gesout en in die wind gehang. Die boere wat oor die land getrek het, het begin om die sout te meng met asyn en koljander.

Die tafel was gedek met outydse eetgery en kombuisware, asook met vrugte en groente as deel van die “tuin tot tafel” projek.