
Namens Hoofbestuur en al die lede van VLVK baie, baie dankie vir die
afgelope 4 jaar se Presidentskap, met die doel voor oë om VLVK te laat
groei in woord en daad en goeie leierskap. Jou onverdeelde trou tot die
werksaamhede van die vereniging, elke e-pos, elke telefoonoproep en elke
liter brandstof wat jy bygedra het tot die sukses van die kongresse het nie
ongesiens verby gegaan nie.
Die afgelope 4 kongresse wat jy gereël het, het van hoogstaande gehalte
geskitter. Sprekers en optredes van kunstenaars het almal in verwondering
laat staan. Jou presiesheid en fyn afronding van die kongresse kon vir elke
afgevaardigde, waarnemer en dagbesoeker van veel waarde wees.
Dankie vir die inisiatief om ‘n Spesiale toekenningsaand te begin. Daar
word soveel ure en moeite spandeer om kompetisie artikels van
prysenswaardige gehalte te lewer en ten toon te stel en daarom voel elke
wenner spesiaal wanneer hul ‘n toekenning ontvang.
Groot dankie vir al die ure wat jy en Christo in Jubileumhuis spandeer het.
Marianna se kantoor getuig van vroulikheid en ons glo sy geniet dit om in
die pragtige “nuwe” kantoor met mooi vrolike gordyne, die werk van
VLVK te doen.
Ons groet jou met dankbare harte as President van VLVK, maar beslis nie
as lid nie en wens jou Gods rykste seën op jou lewenspad.
Namens hoofbestuur en elke VLV lid van Kaapland.
René Nel
VLVK-Visepresident