Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Leefstyl
Saamroeper: Sandra Nolte
Beriggewer: Alida Strydom
Datum: 21 Junie 2026
VLV Voëlvlei kuier rondom ‘n Tuin tot Tafel onthaal
Op Dinsdag 23 Junie 2026 het die dames van VLV Voëlvlei in Vleesbaai vergader. Die byeenkoms was gelei deur die Leefstyl saamroeper, Sandra Nolte, wat almal verwelkom het by die Tuin tot Tafel onthaal.

Sandra Nolte
Anne Marie Stander het die saal omtower in ‘n vrolikheid met blomme, blare, sade en produkte uit haar yskas en tuin. Die sop en broodtafel het gepronk met ‘n ongelooflike rangskikking van vars produkte soos pampoenskywe, soetrissies, gedroogde lemoenskil- en uiesaadblomme en ander vars blomme en blare.

Soptafel-rangskikking
Sy gebruik ‘n antieke skaal en plaas ‘n rangskikking in die bak en om die prentjie af te rond word ses gekleurde eiers in ‘n eierboksie voor die skaal gesit. Die hooftafel kreun onder verskeie voorbeelde van rangskikkings met o.a. rooi en bruin uie.

Anne-Marie Stander

Uie rangskikking
Sy verduidelik hoe maklik dit is om met min en beskikbare materiale, kreatief te werk te gaan kan word om mooi onthaal-tafels te skep. Anne Marie demonstreer daarna hoe ‘n mooi kantoenlap met byewas en gomhars behandel kan word en vir vele doeleindes aangewend kan word soos bedekking van ‘n slaaibak of toedraai van kaas. En net soos ons dink dat dit nou die einde is, demonstreer sy ‘n paar maniere om servette kreatief te kan vou. Die dames moes servette saambring na die byeenkoms en neem entoesiasties deel.
Dames word uitgenooi om hulself te help aan laventelbossies, kerriebos stiggies en basil wat op ‘n oestafel uitgestal is.

Oestafel
Verskeie interessanthede word deur lede gedeel soos die skoonmaak van ‘n aangebrande strykyster met ‘n parcetemol tablet, ‘n resep van kits ongekookte lemonade, die verskil tussen skilferkors en broskors en dat selei ‘n fyn gekookte moes is van die volgende vrugte: appelkoos, pruim, kweper, moerbei en appel. Selei word gebruik in o.a. konfyttertjies.
Die heerlike middag word afgesluit met ‘n verskeidingheid groente soppe en varsgebakte brood.