SIRKEL: Noord-Karoo
TAK: Murraysburg
PORTEFEULJE: Gesondheid
SAAMROEPER: Maretta Theron
BERIGGEWER: Theresa Troskie
DATUM: 17 Junie 2026

Riana van Heerden is ’n baie bekwame skoonheidsdeskundige, haarkapster en grimeerkundige in Murraysburg-distrik. Aan die hand van ’n blitsflitsaanbieding, lewer sy ’n uiters interessante praatjie oor “Hoe om jou vel gesond te hou”. Sy behandel die samestelling van die vel asook verskillende produkte wat vir sekere velprobleme help.
Riana hou ’n vasvra en 3 gelukkiges wen goeie velprodukte as geskenke.
Maretta Theron doen ’n grappige voorlesing wat groot byval by die lede vind: “Ek is dik vir ’n poeier en ’n kwas!”
Maretta vertel kernagtig waarteen ’n mens moet waak dat jou brein so stadig moontlik moet verouder. Sy vra 7 vrae en gee 4 keuse-antwoorde waaruit die lede na elke vraag moet kies. Hierna moet lede hul punte optel. Volgens punte val elke deelnemer in ’n spesifieke groep. Maretta gee inligting oor elke groep sodat lede kan sien of hulle in ’n gevaarsone is of nie.