Sirkel Tygerberg
Tak Goodwood
Portefeulje Openbare Sake
Saamroeper Marianne Oosthuizen
Beriggewer Shirley Brand
Datum 21 April 2026
Ons spreker was Pamela Zotwa van Ottery se Brandweerstasie. Wat ‘n passievolle spreker met baie vrae vanaf die gehoor! Daar is 32 Brandweerstasies in die Wes-Kaap en Goodwood is die hoofkantoor. Daar is een nommer om te bel 107 op jou selfoon of 0214807700. Hierdie nommer word gebruik vir Brandweer, Ambulanse, Bye, Slange ens.
Die opleiding vir ‘n Brandbestryder neem 9 maande van intense oefeninge – bv – vrouens moet 2.4km kan aflê in 13 minute en mans in 11 minute – buiten die hantering van die swaar toerusting. Hulle is 24 uur aan diens en daarna 2 dae af.
Noudat winter hier is, onthou om verwarmers af te skakel – selfs elektriese komberse – skakel aan vir 30 minute voor jy in die bed klim. Baie belangrik om te onthou is dat al is jou ketel ens afgeskakel, trek die prop uit – daar is ‘n konstante vloei van elektrisiteit na die kragprop. Indien ‘n brand ontstaan, maak alle vensters en deure toe – suurstof moet afgesny word – brande floreer op suurstof. Laastens moet gasbottels gereeld nagegaan word deur ‘n verskaffer om enige moontlike lekke te identifiseer.

Wenda Preuss (Voorsitter), Pamela Kotwa (Spreker) en Marianne Oosthuizen (Sameroeper)