Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel Paarl

VLV Malmesbury

20 Mei 2026

Beriggewer: Susan Stoffberg

Studierigting: Opvoeding

Van Geamputeerde na Kilimanjaro

Ons hoofspreker was Sakkie Rust van Morreesburg. Hy moes na ‘n skietongeluk sy linkerbeen laat amputeer bo die knie. Hy het met ons die realiteit gedeel van wat dit behels om daagliks te leef in afhanklikheid van ‘n prostese. “Spookpynervarings en oormaat sweet is maar net twee van die vele newe-effekte wat hy aan ons uitgelig het.

Sakkie is ‘n waagmoedige fisieke atleet wat al die Kilimanjaro geklim het en die Epic-fietsrit ook al meegemaak het!

Sy praatjie was vir ons insiggewend, ‘n inspirasie en ‘n motivering om ons gesondheid te koester en om positief te bly, en nooit ophou planne te maak wat ookal ons lewenswëe kruis nie.

Van sy boeke was daar te koop.Titel : “From Amputee to Kilimanjaro”.

Sakkie het ook ‘n liefdadigheidsfonds, sy teikenmark is om spesifiek jong kinders te bemagtig met prosteses wat aan hulle beter lewenskwaliteit sal besorg.

www.givengain.com/event/ossur-za-giving-back

Sakkie dankie vir jou besoek aan ons en ons bid LIG toe vir jou op jou lewenspad vorentoe!!

Sprekers, Intertak kompetisie deelname, Van Tuin na Tafel: ons ruil kook- en tuinboeke uit, Marktafel: Materiaal deurstoppers, Hoërskool Swartland se Zanika Marshall voer ‘Die Boenk’ van Breyten Breytenbach op.

Voorsitter Mia Louw, gasvrou Marie Louw, spreker Sakkie Rust en gasvrou Susan Stoffberg.

Ons gaan op reis met eetgoed vanoor die wêreld, met oulike inligting oor die herkoms van elke dis.

Tafeldekor beeld Van Tuin na Tafel uit.