Klets, Koffie & Koeke by Worcester Aandtak
Sirkel: Worcester
Tak: Worcester Aandtak
Portefeulje: Leefstyl
Voorsitter: Linda Coetzee
Saamroeper: Romanda Viljoen
Beriggewer & Fotograaf: Barbara Cooper
Datum van vergadering: 2 Junie 2026
PJ Lombard, ‘n professionele sjef en bakker het sy kookkuns (culinary arts) met ons kom deel. Hy het vir ons ’n les aangebied hoe om koeke te versier en het baie wenke gegee wat ons aand baie spesiaal gemaak het.
PJ Lombard is gebore in Montagu en het gestudeer te Boland Kollege, Stellenbosch. Hy het sy kookkuns begin by Bosch Luys Kloof Lodge vir 3 jaar en daarna by Overhex Wines vir 4 jaar.
Hoofsjef by Opstal Estate, Rawsonville vir ‘n tydperk van 10 jaar en het alreeds op die ouderdom van 8 jaar oud begin verjaarsdae koeke bak.
Hy is ‘n geleentheidskoekbakker met meer as 14 jaar in die bedryf en ‘n passie vir detail!
Sy koekversiering is werklik ‘n kunswerk en ons waardeer so baie sy moeite en ongelooflike talent.
Volg hom gerus op sosiale media, instagram – @petrusjlombard en op facebook – PJ Lombard.
Romanda Viljoen het lekker kort en vinnige kombuiswenke en ”gadgets” met ons gedeel. Hoe om ’n lekker vinnige, heerlike vingerhappie te maak vir daardie onverwagte gaste. Sy het ”gadgets” gewys wat moerkoffie en versnippering van hoenderborsies makliker maak.
Oulike battery kerse wat gebruik kan word sodat jy nie nadat jou gaste weg is so moet sukkel om kerswas vanaf jou tafeldoeke te kry nie.
Ou tamatiesous bottels wat gebruik kan word vir klaar aangemaakte flapjack-mengsels en ook die gebruik van verskillende groottes roomyslepels vir klaar aangemaakte muffin mengsels om uitgeskep te word.
Dit was nou baie leersaam!
Ons het ook lekker ons eie kolwyntjies versier, natuurlik met die bystand van PJ Lombard.

Vlnr Linda Coetzee, PJ Lombard, Romanda Viljoen

Tafels het vrolik gelyk met ons eie oulike koekboksies

Anita Malan saam met PJ Lombard wat die gelukkige wenner was van die koek wat PJ Lombard versier het

PJ Lombard tydens die les van sy meesterstuk

Lede versier hul kolwyntjies

Versiering van kolwyntjies

PJ Lombard in aksie!

PJ Lombard in aksie!

Romanda Viljoen deel met ons kombuis-gadgets & slim kortpaaie!