Sirkel Paarl
VLV Malmesbury
15 Junie 2026
Beriggewer: Susan Stoffberg
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Die kunste-en hanvdvlyt-afdeling van Malmesbury VLV was bevoorreg om Yolande Bezuidenhoudt, woonagtig op Yzerfontein, as gasspreker te verwelkom. Yolanda het haar kennis en jarelange ondervinding en beoefening van ‘n eeu-oue sierskrifvorm, kaligrafie, met ons lede te kom deel. Sy is bedrewe in hierdie kunsvorm al vir 26 jaar en sy behoort ook aan die Kaapse Gulde vir Kaligrafie.
Yolande het 6 verskillende skrifte aan ons demonstreer en ons ook ingelig oor pengebruik asook teen watter hoekgrade die penne vasgehou moet word. Inkgebruik, papiervereistes, lettervariasies en “kaligrafitaal” is ook op besondere wyse aan ons oorgedra.
Dit is ‘n kunsvorm wat baie oefening en deeglike beplanning verg. Yolande ervaar die beoefening van kaligrafie as terapeuties en sielsverrykend!
Dankie Yolande dat jy jou jarelange liefde en toewyding aan hierdie sierskrifkuns met ons VLV- lede hier op Malmesbury kom deel het.
Sterkte aan al die VLV-dames wat in hierdie kunsvorm gaan deelneem in die 2027 VLV Kunste en Handvlytkompetisie. Ek glo dat Yolande se inspirerende demonstrasie almal teenwoordig bemagtig het met nuwe ywer en waagmoed!
Yolande Bezuidenhoudt – 083 550 1835
yolandebcalligraphy@gmail.com
Instagram: yolandebcalligraphy
Facebook: YolandeB Calligraphy

Sprekers Yolande Bezuidenhoudt, Marina Lofty-Eaton gasvrou, Karen Barnard VLV Sirkel Paarl President, Mia Louw Voorsitter Malmesbury VLV.

Yolande Bezuidenhoudt demonstreer een van die 6 verskillende kalifrafie skrifte.

Lede kyk van nader na die demonstrasie van kaligrafie.