SIRKEL: Noord-Karoo
TAK: Murraysburg
PORTEFEULJE: Leefstyl
SAAMROEPER: Hannelie Clark
BERIGGEWER: Theresa Troskie
DATUM: 15 April 2026
Praatjie en blitsflitsaanbieding:
“What is the Pantone Colour system (PCS)?
It is a standardized color matching system, which is widely used around the world.
The Pantone Color System allows you to specify colors that cannot be mixed in traditional CMYK. What is CMYK? CMYK is the colour model that is used in color printing.”
“How does it work? Pantone colors described by their allocated number, for example,
PMS 205, is pink. There are over 1 000 colors identified in the Pantone Color Matching System, including metallic and fluorescent colors.”
Bron: O. Berk® Leaders in Packaging Solutions
Elke jaar word ’n internasionale kleur en ook sy kleurepalet gekies wat ontwerpers regoor die wêreld in staat stel om met elke kleur se kode te kan sien hoe die spesifieke kleur werklik lyk. Dit word Pantone (PCS – Pantone Colour System) genoem. Hierdie kleur en sy kleurpalet word gebruik in byna al die fasette van ons lewens: klere, binnenshuis, buitenshuis, verwe, teksture, ens.
2026 se kleur is Clouddancer.
Wat stel dit voor?
- ’n Sagte wit.
- ’n Stil kalmte en ’n gevoel van hernuwing in ’n vinnige chaotiese lewe.
- Dit moedig ontspanning en fokus op kreatiewe denke aan.
- Dit word nie net weerspieël in ons klere en omgewing nie, maar ook in ons leefwyse … om lig en aards te leef.
Ontwerptentoonstellings:
- Binnenshuis
- Modes: die 5 top winterkleure vir 2026/2027.
Modes in 2025 het ’n stil luukse gevoel gehad, maar in 2026 word die volume opgedraai.
- Die 7 grootste modeneigings:
- Drapering
- Deurskynende materiale
- Kolle en strepe
- Capril blou
- Denim in sy rou klassieke vorm
- Die oorgroot handsak is terug.
- Serpe
- Produkontwerp
Demonstrasie:
Op die platteland waar ons taamlik ver van groot dorpe woon, kry ons dikwels onverwags gaste of ons moet soms onverwags ’n geleentheid aanbied en dan kan ons nie net winkel toe gaan om mooi versierings, ens. te gaan koop nie. Buitendien kan ons dit kosteloos doen!
Hannelie Clark demonstreer ’n paar tafelversierings wat sy met dinge in en om haar huis maak. Sy gebruik glasbottels in verskillende fatsoene, water, takkies, grassade, kurkproppe, karoobossies, dennetolle en granate.
Sy gebruik die tafelversierings op ons teetafel. Eenvoudig, pragtig en dit sluit mooi aan by vanjaar se Pantone van Clouddancer.





