Klein-Brakrivier
SWD
25 Maart 2025
Web koördineerder Lydie Terblanche
Berigskrywer Ina Louw
Fotograwe Jenny Spangenberg, Ina Louw, Leonie Stone
Wafeldag 2026: Spanbou & Melksnor eskapades

Elf vriendelike vroue gaan vier Wafeldag by die Melksnor in Groot-Brak.
Hulle kuier en leer mekaar ken op persoonlike vlak.
Hulle bestel fantastiese wafels, eet heerlik en lag,
want grappe word vertel en hier en daar ‘n kwinkslag.

Ontmoet vir Murna, sy is veelsydig en fluks.
Sy is ook bang vir niks,
maar sy eet nie soet so vroeg in die dag,
so haar warm sjokolade het ons net laat lag.

Dan is daar Tiebie, ‘n weduwee wat pragtige naaldwerk kon doen,
maar sy moes haar met haar oogprobleem versoen.
Sy het die Fruity Fresh wafel bestel
en haar genot is deur haar gesig vertel.

Martie het ook die Fruity Fresh bestel
En baie min oor haarself vertel.
Sy is wel Jenny se buurvrou,
dit weet ons almal nou.
Lydie, Elfride en Ansa het die halwe wafel met stroop geniet
En toe hulle meebosstroop tekort skiet,
moes Ina van hare deel,
maar dit het haar min geskeel.
Lydie, ons voorsitter is die persoon om te nader
as jy enige inligting wil vergader.
Elfride is Lydie se ma en buurvrou
en hulle hou van saam kook en brou.
Leonie is ‘n binneversierder van naam
en sy kan beeldskone planne beraam.
Haar piesang-en-grondboonbotterwafel was aanskoulik,
maar sy het hom getakel, heel vroulik.
Ina se spek, eier en kaas wafel
Het glad nie uitgerafel.
Die smaaksensasie met die meebosstroop
het haar tot rym genoop.
Nog ‘n vriendelik dame met ‘n soutvulsel is Ansie.
Sy verbeur nooit ‘n kans nie,
sy het haar avo, tamatie en eier waardeer.
Ek glo sy gaan beslis in die toekoms weer.
Jenny, ons reisiger en lewenslustige lid
Het by roereier en kaas ingespit.
Marelize, ons jong-getroude dame het ook roereier-opsie gekies
En haar beslis nie oor haar keuse verknies.
Dit was ‘n heerlike kuier waar mense in hul eie woorde kon praat
en hul nie op voorafvervaardigde prentjies moes verlaat.
Sulke kuiers in die vlees, is nie net goed vir ons gees.
Dit help ons ook bande smee wat eg en getrou is,
en wat nie op eiewaan berus.