Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel:              SWD

Tak:                 Voëlvlei

Portefeulje:      Landbou en Tuinbou

Saamroeper:    Lynni Schutte

Beriggewer:     Anne-Marie van der Merwe

Datum:           17 Maart 2026

Tydens VLV Voëlvlei se Maart byeenkoms gesels mnr Henry Meyer, Voorsitter van Agri Wes-Kaap Tuinroete met die dames. Hy open met die geskiedenis van sy familie wat reeds in 1793 ‘n erfpagplaas in die omgewing ontvang het.

Henry Meyer en Lynni Schutte (Saamroeper – Landbou en Tuinbou)

SSK se leuse: “Werk saam, Wen saam” sluit goed aan by VLVK se tema: “Ons krag lê in spanwerk” en projek: “Van tuin tot tafel”, vir 2026. SSK werk nou saam met Agri Wes-Kaap wat geafillieerd is aan Agri SA. Agri Wes-Kaap is ingedeel in 19 streke met 3 500 lede uit onderskeie Landbouverenigings. Hierdie boere maak ‘n wye spektrum van produsente uit onder andere, vrugte, wol, wyn, vleis, melk, rooibostee en toerisme, wat met verskeie komitees en produsente organisasies saam werk. Spanwerk en samewerking kan byvoorbeeld gesien word in die betrokkenheid en ondersteunig met die ontvangs, Vervoer en verspreiding van droogtehulpskenkings wat so nodig was tydens die afgelope droogte in die Suid-Kaap.

Met die uitbreek van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap moes Agri Wes-Kaap inspring om hand by te sit. Toe die epidemie in die Wes-Kaap aangemeld is kon daar binne 24 uur opgetree word. Spanne soos die SA Polisie, verkeersdepartemente, munisipaliteite, staatsveartse en tegnikuste moes saamwerk. Sukses is net beter as daar in ‘n span saam gewerk word.

‘n Groot probleem wat boere die afgelope paar jaar ondervind is ontoeganklike paaie en as gevolg daarvan word produkte dikwels laat by markte gelewer. Hierdie probleme word deur Agri Wes-Kaap vergader gereeld met minister Tersius Simmers oor die aangeleentheid.

‘n Gemeenskap word positief gehou deur positiewe vroue, voer daai positiewe gogga binne jou. Ons moet optimisties bly. As jy ‘n halfvol glas benadering het sal jy in dankbaarheid leef. Word deel van ‘n groep positiewe vroue wat jou ondersteun eerder as ‘n negatiewe groep klakouse. Dit is die beste manier om die harde lewe daar buite te oorbrug.

Ada Gericke

Ada Gericke lewer ‘n kort verslag oor die pas afgelope 92ste VLV Konferensie wat op Hartenbos gehou is. Voëlvlei stap weg met die Meeste Punte in Leefstyl, asook ‘n sertifikaat vir hul deelname aan ACWW se Woman Walk the World wat in die Gouritsmond-gemeenskap geadverteer is en deur ‘n hele aantal inwoners ondersteun is. Elize Locke se borduurwerk is aangewys as beste artikel tydens Konferensie.

Andrieshia Radyn (Voorsitter)

Gerda van der Westhuizen

Die woordkuns van Gerda van der Westhuizen getiteld “Hande” word deur haar voorgelees. Sy het ‘n eerste plek daarvoor verower.

Elize Locke demonstreer ‘n katoetertjie wat fraaiings draai aan die dames. Die fraaiings aan die tartan-hekelwerkartikel van Hannetjie Cordier is met die “gadget” gedraai.

Die dag is afgesluit met Rianda as die gelukkige wenner van die Tuin tot Tafel mandjie. Die mandjie groente en vrugte is geskenk deur Lynni en Rianda se naam is uit die ledelys getrek.