Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: SWD

Tak: Diepkloof

Portefeulje: Opvoeding en kultuur

Sameroeper: Rachelle Robertson

Beriggewer: Anita Fourie

Datum: Woensdag 4 Februarie 2026

Renèe Bosshard spreek lede toe oor haar lewe in Switserland. Tydens haar studies ontmoet sy ‘n Switser. Hulle raak verlief en trou. Sy verruil Suid-Afrika vir Switserland. Haar kinders se moedertaal is Afrikaans, alhoewel hulle dit nie kan lees en skryf nie. Haar man leer ook fluks aan die taal. Sy raak ook hul taal baas, die taal het egter baie dialekte. Switserland is ‘n baie klein landjie 350km van wes na oos en 220km van noord na suid met ‘n populasie van 8.9 miljoen. Die regering bestaan uit 7 lede van die federale raad. Die sewe lede kies jaarliks ‘n kollektiewe president. Behuising in Switserland is baie duur. Na Renèe en haar man se aftrede koop hulle ‘n huis in George en woon sederdien ses maande in Switserland en ses maande in Suid-Afrika. Sy wys ons ‘n edelweiss-blommetjie wat hoog op die berge groei en van die switserse huise wat altyd versier word met blomme.

Renèe Bosshard

Renèe in ski-klere

Edelweiss-blommetjie

Woonstelblok in Switserland. Mense is lief om balkonne met blomme te versier.