Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

So dans-dans raak ons stylvol hier in ST Helenabaai

Sirkel: Weskus

Tak: St Helenabaai

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Wilna Marx

Fotograaf: Elmarie Visser

Datum: 10 Februarie 2026

‘n Valentyn vir elke dame!

So dans-dans raak ons stylvol hier in ST Helenabaai

Daar skop 2026 af, met ‘n heerlike kuier! Sommer met die intrapslag begroet vier seisoen-tafels ons met fleur en geur!

Pragtige seisoentafels

Ons oggend begin met pragtig dans duet deur Madelein en Jonathan van ‘The Studio by Jonathan Broadway

Madelein en Jonathan

Neels Roodt van R2 Interior Design in Vredenburg word aan ons voorgestel. Neels ‘n binneshuisversierder vertel vir ons van 2026 se nuwe neigings.

Binneshuisversiering – Neigings vir 2026

Gewilde kleure vir 2026

  • Tydlose, warm huislike kleure bly gewild soos bv.
  • Khaki (verskillende skakerings)
  • ‘Hidden gem blue’
  • ‘Charcoal’ bruin

Styl en invloede

  • Die 1980’s styl maak ’n sterk terugkeer
  • Blokkiespatrone is weer gewild
  • Rompies vir meubels, met meer boksplooie as frille
  • Ou klassieke style kom weer in die mode
  • “Hoe meer, hoe beter” – voller, ryker ruimtes
  • Die “whimsical spread” styl is groot – speels, kreatief en vol karakter
  • Jou huis se kleurgebruik weerspieël jou persoonlikheid

Mure en dekor

  • Muurpapier is baie gewild
  • By ’n werkswinkel deur Robert Sprong het hy geleer:
    • Hou jou bestaande prent teen die muur
    • Sit muurpapier agter die prent binne die raam vir ekstra visuele effek
    • Robert ontwerp muurpapier met jou motief in die grootte van jou muur. Geen rolle plak meer nie.
  • Bykomstighede kan maklik verander word volgens nuwe neigings
  • Dis nie duur om kleiner dekorveranderings te maak nie

Muurversiering – nuwe neigings

  • Verlede jaar: ’n hele muur vol skilderye wat nie noodwendig bymekaar pas nie
  • Nou: “Ouma se styl” met borde teen die mure
  • Word netjies in blokke gerangskik om ’n storie te vertel
  • Dekor moet ’n gesprek begin en iets persoonliks weerspieël

Afwerkings en materiale

  • Nikkel en brass (geelkoper) is tans baie gewild vir krane en toebehore
  • Hierdie metale bly klassiek en tydloos
  • Handgeverfde teëls is ’n groot neiging vir mure en vloere
  • Dit gee ’n ekstra speelse (“whimsical”) gevoel aan jou huis

Vensterbedekking

  • Blindings skrik soms mense af, omdat daar maklik deurgekyk kan word
  • ‘n Nuwe tipe blinding wat oopmaak en dan ’n ondergordyn (deurskynende laag) het, is nou beskikbaar

Blinding wat as dit oopgedraai is, ‘n tipe ondergordyn het.

Algemene stylgevoel

  • Meer persoonlik en karaktervol
  • Klassiek-modern, maar warm en huislik – amper soos ouma se huis
  • Minder minimalisties as vorige jare
  • Afrika- en see-temas is tans uit
  • Elke hoekie van die huis word benut (bv. boekmure is baie gewild)
  • Die fokus: “Kom ek wys jou iets van my” – skep persoonlike ruimtes
  • Huise moet ’n plek wees waar jy kan ontspan en tot rus kom

Neels word bedank deur Freda Terblanche (middel) en ontvang ‘n dankie sê vanaf Estha.

Soos altyd is daar lekker opwinding by ons vergadering. Elke dame moes haar geliefkoosde seisoen kies. ‘n Trekking het plaasgevind en elke seisoenswenner het ‘n geskenkie ontvang.

Hannetjie (Gasvrou), Trudie (Herfs), Cecile (Lente), Isa (Winter), Annie (Somer), Freda (Sameroepster)

Nog is die pret nie verby nie. Ons as tak het besluit om met elke vergadering ‘n klein kompetisie te loods. Lede moet iets spesifieks maak wat dan beoordeel word. Die wenner ontvang ‘n prys. Die doel is om lede aan te moedig om aan die tak- en ook die VLVK se kompetisies deel te neem. Die lid wat aan die einde van 2026 die meeste keer deelgeneem het sal gratis ons jaareindfunksie mag bywoon. Die eerste kompetisie was: “Vou ‘n gastehanddoek”.

Freda (Sameroepster), ons eerste wenner Tannie Neeltjie (middel), Estelle (Gasvrou)

Verjaarsdae is soos altyd baie belangrik en hierdie jaar ontvang elke lid ‘n potjie vars Weskus heuning.

Heuning

Die verjaarsdagdames: Agter: Betsie, Susan, Isa, Denise, Estelle (Gasvrou) en Voor: Tannie Annabel

Die heerlike oggend word afgesluit deur saam kuier, eet en drink rondom die seisoen-tafels.