Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Tak: Leipoldtville

Portefeulje: Algemeen (Al die saamroepers)

Beriggewer: Annette Gilham

Datum van Vergadering: 21 Januarie 2026

Op ‘n snikhete Woensdagmiddag 21 Januarie 2026, het Leipoldtville VLV se program afgeskop.

Dit was ‘n algemene vergadering waar bydraes gedoen is deur die verskillende portefeulje saamroepers. Onder andere het Hazel Booysen (Gesondheid) gepraat oor die belangrikheid van yster in ons liggaam. En hoe anemie ons lewens kan aantas ten opsigte van ons gesondheid.

Marietjie Carstens (Landbou en Tuinbou) het ons meer kom vertel oor die onrusbarende siekte wat besig is om die boerderye lam te lê – naamlik bek-en-klouseer. Wat is die simptome en die impak wat dit op boerderye in Suid-Afrika het?

Hilda du Preez (Opvoeding) het ons ingelig oor die belangrikheid van testamente en watter dokumente alles gereed behoort te wees ten tyde van ons afsterwe, om dit makliker te maak vir diegene wat agterbly.

Die res van die saamroepers het die lede ingelig oor dit wat voorlê vir 2026 en wat hul verskillende portefeuljes se kompetisies vir die jaar gaan wees.

Om aan te sluit by VLVK se projek vir 2026: Tuin tot tafel, is ‘n vrugtefees gehou met vrugte uit ons area en van ons plase.

Jacqui Valentine het 2026 ingelyf met haar weergawe van Tuin tot Tafel.