Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 13 November 2025
Paarl Aand weggevoer deur Cape Nature se vele werksaamhede
Michael Lewis van Cape Nature is tans in Wolwekloof gebaseer, wat in Desember vir toeriste oopmaak. Cape Nature is die deel van die provinsiale regering wat natuurlike plant- en dierelewe en biodiversiteit in die Wes-Kaap moet beskerm. Die nasionale organisasie is die Nasionale Parkeraad. Die Wes-Kaap spog met 34 reservate – landelik en marine.
Die Boland is ryk aan fynbos en het skaars plant- en diersoorte wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie.
EPWP-jongmense word aangestel, en daar word gretig van vrywilligers en ereveldwagters gebruik gemaak.
Wetstoepassers reik permitte uit, bv. vir die aanhou van slange, die pluk van boegoe, ens. Bio-ekonomie word beoefen, o.a. deur visvangklubs – dit bevorder volhoubaarheid. Omgewingsopvoeding soos die Green Fingers-projek word saam met skole gedoen.
Toeriste-pakkette bestaan – so is toegang tot sekere reservate bv. einde September gratis.
Brande word saam met die brandweer bestuur. Vrywillige brandslaners, soos Working on Fire, word ook ingespan.
Toerismepersoneel sluit gidse, “housekeeping”-personeel, besprekingsklerke, toerismebestuurders, ens. in.

Michael Lewis van Cape Nature

Openbare Sake-komitee: Marinda Rall, Michael Lewis, Bets Engelmohr (saamroeper), Rouxné Koegelenberg