Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Blanco

SWD

Webwerf beriggewer en -skrywer, Lydie Terblanche

Tak-beriggewer, Marietjie Schaaf, foto’s verskaf

14 Oktober 2025

DIT WAS TYD OM IN DIE FEESTELIKE GEES VIR WÊRELDEIERDAG TE KOM!

Eiers speel ‘n ongelooflike belangrike rol in die daaglikse lewens van mense regoor die wêreld Eiers word beskou as een van die oudste kosse wat die mens nog ooit geken het.

Dit is nie net vol proteïene nie, maar dien ook as die basis vir sommige van die heerlikste ontbytkosse (en natuurlik toebroodjies, wie is nou nie lief vir ‘n eierbroodjie nie!). Wanneer die meeste mense aan eiers dink, dink hulle aan hoendereiers. Eiers kan egter in ‘n verskeidenheid kleure en vorms kom. Daar is ook ander eiers, byvoorbeeld kaviaar wat as ‘n teken van rykdom, beskou kan word (natuurlik word dit deur ‘n verskeidenheid visse gelê).

Die geskiedenis van die eier strek veel verder as net iets om te eet. Eiers is om ‘n wye verskeidenheid redes in baie verskillende kulture vereer, insluitend dié wat godsdienstig is en dié wat dekoratief is. Eiers word ook gesien as ‘n simbool van vrugbaarheid en ‘n voorstelling van lewe, vernuwing en wedergeboorte in ‘n wye verskeidenheid kulture regoor die wêreld.

WÊRELDEIERDAG (14 Oktober), is om die aandag op die belangrikheid van eiers in mense se lewens te vestig. Dit is ‘n unieke geleentheid om die veelsydigheid (en voedingsgehalte) van eiers regoor die wêreld te deel, soos:

  • Daar is geen verband tussen die kleur van die eier en sy varsheid, geur of voedingswaarde nie. Om die waarheid te sê die kleur van die eier word slegs bepaal deur die ras van die hoender (en hierdie kleur stem ooreen met die kleur van die oorlel op die hoender!).
  • Nie te lank gelede het die aantal plooie (voue) in ‘n sjef-hoed, verband gehou met die aantal verskillende maniere waarop die sjef ‘n eier kon bedien.
  • Dit is ‘n algemene wanopvatting dat die verbruik van rou eiers kan help met die proses van spierbou. Dit is egter nie die geval nie.
  • Die meerderheid eiers wat by supermarkte gekoop word, is al ‘n rukkie op die rakke. Is die eiers is nog lekker om te eet? Die beste manier om dit te bepaal is om ‘n eier in ‘n glas water te sit – as dit vars is, sal dit na die bodem sink.

Blanco taklede het vir die geleentheid in Ouma se klerekas gespring

Blanco het ook op 09 Oktober Van Tuin tot Tafel onder leiding van Tuinbou- Saamroeper Johanna Lamprecht, gevier. Die Voorsitter van George Blommeklub Jackie Theron, het stap- vir- stap ‘n groente rangskikking aan lede gedemonstreer.

Hulle het daarna aan Ratatouille (vars knoffel, uie, eiervrug, murgpampoentjies, tamaties, salie en roosmaryn), geniet.