Tak: Dordrecht – NOK
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Aanbieder: Lenie Fourie
Beriggewer: Gerda Fourie
Datum: 23 September 2025
VLV Dordrecht se jaarlikse Landbou-vergadering is op 23 September 2025 aangebied in samewerking met OVK-Köoperasie se Dordrecht-tak. Die geleentheid is in OVK se stoor aangebied (om die gevoel te kry!), en báie meer toeskouers het opgedaag as wat verwag is! Daar was gassprekers van Agrinet en Starke Ayres, wat met ons kom wenke deel het oor ons tuine. Almal het na die tyd lekker saam gekuier en die dames is geïnspireerd huis toe.

Adele Richardson, ons NOK Sirkelpresident, het met die dames kom deel wat dit beteken om ‘n VLV- lid te wees en die dames aangemoedig om deel te word van VLV. Ons dank haar vir haar bywoning.

Johan van Agrinet het gesels oor besproeiing en wonderlike geskenke uitgedeel.

Lenie Fourie (VLV- Voorsitter), Johan (Agrinet), en Bennie (OVK-bestuurder)

Amanda van Starke Ayers het wenke gedeel oor tuine en kompos.

Brenton (Starke Ayres), Lenie (VLV-Voorsitter), en Amanda (Starke Ayres)

Deel van die groot gehoor van omliggende dorpe