Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Onderwerp :                          Tygerberg Goodwood 17 Junie 2025

Sirkel :                                    Tygerberg

Tak :                                        Goodwood

Portefeulje :                           Fondsinsameling

Saamroeper :                        Bestuurspan

Beriggewer :                          Shirley Brand

Datum :                                  17 Junie 2025

Crown Create Studio is genooi om te kom optree by ons Fondsinsameling. Die groep bestaan uit twee dames, Therenè Nel en Melanie Labuschagne. Deur gebruik te maak van hulle kreatiwiteit inspireer hulle vrouens (jonk en oud) om drome, waarhede en hulle identiteit te omhels.

Met sang en grappies het hulle ons oë gerig op die goeie dinge in die lewe. Hulle leuse was EK LEWE. Onder andere, alhoewel baie van ons kinders oorsee is, is daar selfone om ons in verbinding te hou. Met al die probleme in ons land, gee dit ons kinders veerkragtigheid. Romeine 5 sê deur swaarkry kweek ons volharding. Die lewe bestaan uit lewe en dood. Die rykste persoon in die begraafplaas gaan nie ‘n verskil maak nie. Maar ons (ek) lewe – ons kan ‘n verskil maak.

Ons moet nog droom, uitreik, en bowenal – ons oë op Jesus rig!

Van die liedjies wat gesing is:

Ek lewe (Annelie van Rooyen)

Ek verlang na jou (Sonja Herold)

Top of the world (The Carpenters)

…. en vele ander

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ete van verskillende soppe en brode.

Wenda Preuss (Voorsitter), Therenè Nel, Melanie Labuschagne, Bes van Zyl (Tesourier)